Dr. Elizma van der Smit clinical psychologist
Therapy for Individuals, Families and Couples
The Time Has Come!!! It is time to be better!!
‘n Gesonde, gelukkige gesin
Deur Elizma van der Smit
1.        Hoe lyk ‘n gesonde, gelukkige gesin?
‘n Gelukkige gesin is een waarin elke lid voel dat hy verstaan, waardeer en gerespekteer word.  So ‘n gesin spandeer tyd met mekaar.  Daar is ‘n positiewe atmosfeer in  hul huis en hul doen dinge saam.  Elke lid van die gesin doen hul eie deel om seker te maak dat hierdie atmosfeer en gevoelens behoue bly.
Alle gesinne het argumente en gaan deur moeilike tye, en dit beteken nie dat jy nie ‘n gesonde, gelukkige gesin het nie.  Hier volg maar tekens om vas te stel of jul ‘n gelukkige gesin het:
Jul kommunikasie is effektief
Ons demonstreer dikwels ons kummunikasie deur die manier waarop ons na mekaar luister.  Ons moet probeer luister met 100% aandag en sonder onderbrekeing.  Ons probeer seker maak of ons verstaan voordat daar reageer word.  Ons bespreek ook ons ongelukkighede met mekaar, maw ons onderdruk dit nie maar haal dit ook nie uit op mekaar nie.
Ons baklei regverdig
Ons probeer ons verskille kalm uitsorteer en probeer dit vermy om op mekaar te skree en lelike goed kwyt te raak.  Ons gee mekaar kans om ons saak te stel sonder onderpreking.  Ons is ook bereid om omverskoning te vra wanneer ons iemand seergemaak het.  Gesonde, gelukkige gesinne is dus ook meer geneig om verskonings te aanvaar en mekaar te vergewe.
Ons is nie selfsugtig nie.
Gesonde, gelukkige gesinne sit ander se behoeftes dikwels eerste.  As elkeen probeer om die ander een gelukkig te maak, eindig almal op met ‘n gevoel van liefde en geborgenheid.
Ons respekteer mekaar se verskille
Selfs al word ons groot in huis met dieselfde waardes en beginsels, is daar verseker ook verskille in ons gedagtes en oortuigings.  En as hierdie verskillende oortuigings niemand seermaak nie, behoort dit ook respekteer te word.
Ons ondersteun mekaar
Almal het verskillende doelwitte en drome.  ‘n Gesonde, gelukkige gesin ondersteun mekaar al stem ons nie noodwendig saam met die lid se droom nie.  Byvoorbeeld: al weet ons boetie is nie baie atleties nie, sal ons daar wees om hom te ondersteun wanneer hy proewe speel vir die rugbyspan.  Ons help boetie oefen in plaas daarvan om hom aan toe moedig om eerder iets anders te doen.
Dissipline en respek
Die kinders binne ‘n gelukkige, gesonde gesin is nie bederf of veeleisend nie.  Ouers leer hul kinders om respekvol teenoor mekaar en teenoor ouer/jonger mense te wees.  Hul gee nie in vir elke eis nie en pas dissipline regverdig en konsekwent toe.  Gesonde gesinne promoveer die nakom van take en reels.
2.       Hoekom is dit so belangrik om in hierdie besige, holderstebolder lewe spesifiek aandag te gaan aan gesinsbande?
In vandag se besige lewe is meer en meer gesinne geneig om nie meer tyd saam te spandeer nie.  Almal se skedules is so besig en ons moet so hard werk om ons gesinne aan die lewe te hou dat ons geleenthede vir gesinsbinding weggooi en so dryf ons weg van mekaar af.
As ons in staat is om die iPads, fone en tv’s aft e skakel kan ons die volgende vrae aan mekaar vra:  “hoe was jou dag?”, “wat het jy geleer in die skool vandag?”, “wat was die beste deel van jou dag?”.  Hierdie aksie verbeter kommunikasie, selfkennis, emosionele ontwikkeling en binding – eienskappe wat almal van ons nodig het in ‘n moeilike wereld.
Ander voordele van gesinsbinding sluit in:
Dit bied ons ‘n veilige hawe waarheen ons kan gaan as dinge moeilik word, maw dit verbeter on coping
Dit berei ons voor vir die lewe en ons kinders se gesinne eendag
Dit verbeter kommunikasie vaardighede
Dit verbeter emosionele intelligensie
Dit verbeter ons selfbeeld
Dit verbeter ons kinders se intellektuele en emosionele ontwikkeling
Dit kan probleme itv geestesgesondheid, gedragsprobleme, afhanklikheid en groepsdruk voorkom en/of hanteer.
Die positiewe effek van gesinsbinding  kan oor generasies strek
Positiewe gesinsbande help ons dus om in elke area van die lewe te gedy en te groei.  ‘n Gebrek aan gesinsbande kan veroorsaak dat ons vir ewig opsoek is na iets wat ons “mis”.  Moet glad nie familiebande dus as vanselfsprekend aanvaar nie en weet dat die moeite wat jy insit voordele inhou vir generasies wat nog moet kom!
Wat is die struikelblokke wat ons moet oorkom as ons goeie gesinsbande wil bevorder?
Dit is partykeer moeilik as ons gesinslede verskillende belangstellings het en dit verg groot moeite om almal te akkommodeer.  ‘n Gesinstradisie moet byvoorbeeld vir almal lekker wees en iemand uitsluit nie bv.  Dit help nie om ‘n sportaksie te hou as Pietie regtig nie ‘n sportmens is nie, maar die res van die gesin is mal daaroor!
Dit ook soms moeilik as die gesin oor ‘n spektrum van ouderdomme val.  Die tweejarige laatlammetjie gaan sukkel om monopoly te speel!  Ons moet dus ook poog om alle ouderdomme te akkomodeer (roomys eet het geen ouderdomsbeperking nie!)
Soms maak finansies dit ook moeiliker om maniere te kry om saam tyd te spandeer en dinge te geniet!  Met bietjie kreatiwiteit kan ons maklik hierdie struikelblok oortref.
Dit gebeur al hoe meer dat gesinslede versprei is en nie noodwendig almal onder een dak leef nie bv pappa wat weg werk en boetie in die koshuis.  Vir hierdie probleem kan ons tegnologie inspan vir die geselsies en speletjies speel en maak seker dat familietradisies steeds plaasvind al hou on seers moedersdag as pappa by die huis is!
Die grootste struikelblok is dikwels tyd!  Dit is soms bitter moelik om ‘n tydjie in almal se schedules te kry en vir die gesin eenkant te hou.  Weet egter ook dat ons nie noodwendig ure nodig het of ‘n verskeidenheid van aktiwiteite moet beoefen nie.  Al hou jy net een keer per week ‘n gesinsvergadering het jy al vreeslik baie bereik!
4.       Wat moet gesinne saamdoen om gesinsbande te versterk?  Hoekom is hierdie aktiwiteite bevorderlik?
4.1  Skep gesinstradisies
Of dit nou pannekoek is elke sondag of om die toeter te druk as julle deur ‘n tonnel ry, unieke familie tradisies maak ons sterker en bind ons aan mekaar.  Volgens Richard Eyre van “The Happy Family: Restoring the 11 Essential Elements That Make Families Work” lyk tradisies dikwels onbelangrik vir volwassenes, maar kinders hou daaraan vas!
Moontlike voorbeelde
Vier verjaarsdae op baie spesiale maniere.  Een Pa se verjaardag is byvoorbeeld in Herfs en elke jaar maak die gesin een groot hoop blare bymekaar  en spring daarin!  Selfs nadat die kinders die huis verlaat het – kry pa nog steeds ‘n koevert met ‘n herfsblaar in vir sy verjaarsdag!
Vrydagaand gesintradisies wat kan insluit fliekaande, pizza-aande, roomys by Kentucky-aande ens.
4.2   Sit om die tafel
Gesinne wat saam eet is meer gebind en betrokke by mekaar as gesinne wat apart eet.  Om om ‘n tafel te sit – al is dit om die wortels te rasper- moedig kinders en ouers aan om te ontspan en hul gedagtes te deel (maak seker die tv is af!).  Die voordele van etenstye saam het ‘n langtermyneffek:  kinder swat as gesin saam eet is 31% minder geneig om te rook, drink of later dwelms te gebruik (Studie gedoen deur National Center on Addiction and Substance Abuse at Columbia University)
Sommige gesinne se skedules laat maar min tyd hiervoor, maar sit gerus dan soggens om die tafel vir ontbyt voordat elkeen in hul verskillende rigtings spat!
4.3  Speel saam
Om saam te speel stel gesinne in staat om sterk bande te smee en warm herhinneringe te skep.  Nick Stinnet van “Fantastic Families: 6 Proven Steps to Building a Strong Family” het in sy studies bevind dat die gelukkigste gesinne saam kaart of bordspeletjies speel.  Maak gerus speletjie-aande deel van jou gesin.  Pak die legkaarte uit, speel stomstreke – maak nie saak nie.  Tydens speletjies kry almal kans om te praat, almal lag en kinders kry geleentheid om saam te werk en beurte te maak.
4.4  Maak saam skoon
Om take saam te doen bring gesinne nader aan mekaar.  Terwyl jy werk, praat jy en kom ons nader aan mekeer.  Kinders brom verseker wanneer hul moet help skottelgoed was of die wasgoed moet uitsorteer, maar hierdie dinge skep ‘n gevoel van gebondenheid en “ons bereik iets”. Alledaagse aktiwiteite soos brood en melk koop, kan ‘n kort kragtige bindingservaring met jou kind meebring as jy dit reg hanteer.
4.5  Ondersteun mekaar.
As jy spangees in jou gesin wil ontwikkel, moedig die lede aan om mekaar se rasieleiers te wees!  Gelukkige gesinne ondersteun mekaar meer.  Wees byvoorbeeld ALMAL daar as ‘n lid van die gesin erens moet kompeteer!  Die kragtige boodskap wat oorgedra word is “ons is almal hier vir mekaar!”.
Ons kan hierdie gevoel ook skep deur bloot net meer te weet van mekaar se skedules en wat in ons lewens gebeur.  Dan is dit vir ons makliker om te se “sterkte vir jou toets” of “moenie bekommerd wees nie, meneer so en so is nie so kwaai soos hy lyk nie”.
4.6  Hou gesinsvergaderings
Die voordele van ‘n gesinsvergadering weeg baie swaarder as enige omgemak (bevoorbeeld die tiener wat sy oe rol).  Die gesin leer om te kommunikeer, om probleme as ‘n groep op te los, om doelwitte daar te stel, te beplan en om konflik te hanteer. Dit leer jou wedersydse respek en leierskaplesse.  Dit bou ook eenheid in die gesin en help jou om eienaarskap en verantwoordelikheid vir die gesin te aanvaar. Ons leer ook om mekaar te waardeer en hierdie waardering uit te spreek.  En dit net in 30 min per week!!!
4.7  Gee drukkies
Enigeen wat al ‘n massering gehad het, of wat deur ‘n warm druk ondersteun is, weet hoe kragtig aanraking kan wees.  Sterk en gelukkige gesinne wys meer fisieke affeksie.  Deur middel van aanraking word binding en vertroosting gekommunikeer.  Selfs net ‘n klop op die rug in ‘n moeilike oomblik kan ‘n band versterk.  Moet ook nie die krag van verspotte aanraking onderskat nie!  Daardie neusvryf of skoenlappersoen maak ook ‘n groot verskil!
4.8  Lag saam
Humor gaan nie oor snaaks wees nie, maar wel oor die skep van ‘n ligte atmosfeer wat almal meer gemakliker maak.  Weet hoe om die mees irriterende oomblikke te omskep in ‘n grap wat gesinne vir jare lank dalk sal onthou.
4.9  Gee aandag aan die geestelike
Navorsing toon dat gelukkige gesinne meer tyd spandeer aan die reflektering of dankbaarheid en seeninge.  Huisgodsdiens en saambid of selfs net saam gesels oor die dinge waarvoor ons dankbaar is,  is soos gom wat gesinne hegter bind.  Hierdeur kan ons baie van mekaar  en die lewe leer en dus ook meer ondersteunend wees vir mekaar se bekommernisse.
Volgens die “journal Family Relations” het studies bewys dat geloof ‘n positiewe effek op die gesin het en laasgenoemde rapporteer sterker gesinsbande. K. J Coldwell rapporteer in sy studie dat kerkbywoning en saambid as gesin positief korrelleer met sterker gesinsbande.  Daarby bied die kerk en religieuse instansies ekstra ondersteuning aan die gesin en die gesin se copingskills word verbeter deur gebed en ‘n filosofie dat alle dinge met’n doel gebeur.
• WilliamLal 2021/10/19 21:23:52 1634678632
• LazryFrorS 2021/08/03 06:20:40 1627971640
• MothyBof 2021/07/17 14:52:48 1626533568